BabaBurger

My 1ste toets Dinsdag 27 Jan 09

Ek het nie lank genoeg gewag nie ne het gedink dis (alweer) negatief (1 strepie) en toe gooi ek hom in die asblik! So 1/2 uur daarna toe is ek nuuskierig en sien toe 2 strepies...maar was nogsteeds nie oortuig ek is swanger nie...

My 2de en 3de toets Vrydag 30 Jan 09

Ek wou wag tot more om te kyk of my Tannie nie kom kuier nie, maar ek het hierdie gevoel in my buik al die hele week - dalk is ek swanger. Ek koop toe 2 toetse en AL2 is POSITIEF!!!! Ek kon dit nie glo nie... Ek wys die 1ste een vir Ryno en hy se "Wat is dit?" ek se "2 strepies" hy vra "wat beteken dit" ek se "ek is swanger!" Ons doen toe ook die tweede toets en duidelik kan mens 2 strepies sien!! :-))

 Dit is hoe 'n 5 weke ou fetus lyk...