BabaBurger

Die GROOT dag het aangebreek!!!!

October 13, 2009
Dis nou 5:47 am en ons is besig om klaar te maak om vir Caiden te gaan haal. Ons is baie opgewonde en gaan hom oor so 4 ure kan styf vashou!! Ek is baie bly ons gaan hom sien, maar tog klein bietjie hartseer om hom uit te haal, want dan is hy nie meer in my nie. Ons is baie nuuskierig om te sien hoe lyk hy en het hy haartjies of nie en is dit donker haartjies?? Ons is baie dankbaar vir ons geskenkie van die Here en dat alles so wonderlik afgeloop het en ook verder sal afloop vandag. Dankie Here!!
 

8 Dagies oor....

September 13, 2009
Net 8 dagies oor....sjoe, ek kan nie glo die tyd het so gou verby gegaan nie. Wel stadig, maar ook vinnig. En ek kan selfs soms nie glo dat ek eintlik swanger geword het nie. Ek is regtig so dankbaar dat die Here ons geseen het met 'n kleinding en dat ek 'n wonderlike, rustige, gemaklike swangerskap gehad het tot dusver. Ek is nie eers moeg nie, het nie seer nie, voel nie omgemaklik nie. As ek nie 'n maag gehad het nie, het ek nie eers gedink ek is swanger nie. Ons sien die Dokter weer Dinsda...
Continue reading...
 

8 Sept - 36 Weke - Naelstring

September 13, 2009
Ons was vandag by die Dokter. Sy het nie vir Caiden so mooi gemeet om te kon sien hoeveel presies weeg hy nie. Die naelstring is 2 keer om sy nek gedraai en DIT was vir my net 1 te veel en ek het in trane uitgebars. Ek was so ontsteld en hartseer, want Bonna se baba dogtertjie het 'n paar dagies voor geboorte dood gegaan agv die naelstring om die nek. Die dokter het my baie mooi verduidelik dat dit regtig glad nie 'n mediese gevaar is vir die baba nie en sou dit wees belowe sy my sou sy vanda...
Continue reading...
 

Die dae word afgetel....15 dagies oor!!

September 6, 2009
Daar is 15 dae oor en dan is ons babatjie hier!!! Dis al waaroor ons dink en praat en bad en slaap en dis net so amazing!!! Ek het gister nou die heel laaste veranderings gemaak in sy kamertjie en alles reggekry vir die groot dag.

Ek gaan van die 21ste (Maandag) tot 24ste (Donderdag) in die hospitaal oorbly! Ag nee!! Maar nou ja, ek sal hopelik kan rus so tussen in terwyl die verpleegsters na ons ou seuntjie kyk en dis dalk beter so.

Ons gaan weer dinsdag dokter toe en dan sal ons weet hoeveel...
Continue reading...
 

34 Weke: Dokters afspraak, Keiser datum skuif dalk vorentoe

August 25, 2009