Pregnant with Caiden Zayne Burger

Booking

Date: 22 July 2009 @ 14:00 pm

Tanya Reynolds

http://www.4dultrasound.co.za/

Is ek darem nou nie die mooiste ou dingetjie nie?? Kyk  hoe mooi is my lippies en my ma laaik dit die meeste!! :-) Linker boonste foto wys ek met my wys vingertjie. Regs bo glimlag ek!! Die linker skaduwee in die hoekies is mamma se plasenta en niks om oor bekommerd te wees nie. Die swart is ook nie haartjies nie...ons het skoon vergeet om te kyk of ons haartjie kan sien en mens kan dit net in 2D sien se Tannie Tanya wat ons scan gedoen het.

Die Tannie het vir mamma en pappa so mooi gewys waar is al my orgaantjies en sy het my gemeet en gewys als is reg. Sy het vir gewys dat daar geen gesplete lippie is nie (duidelik) en 4 hartkamers, die brein lobbe en stam van die brein. Sy het die diafragma gewys en dat die hart bo die dafragma is en die die magie onder soos dit moet wees. Sy het die niertjies gewys, links en regs en selfs die urine binne in die niertjies. Sy het die magie gewys, die rug string en ook dat die hart aan die linkerkant van my liggaam ontwikkel het. Ek is volmaak deur God gemaak!!

Ek was bietjie skaam aan die begin en het my handjie voor my gesig gehou en toe selfs onder die plasenta probeer wegkruip. Ek is glad nie skaam oor my privaat dele nie...haha! Ek het ook geglimlag en selfs as mamma hulle lag dan glimlag ek saam. Ek was baie woelig met my voete dat die Tannie nie kon uitmaak wat daar aangaan nie. Ek het my mondjie oop en toe gemaak en toe ook my duim gesuig. My mamma se ek het my pappa se lippe en sy gaan hulle sommer baie soene gee!! Yeaah!!

Die Tannie het my magie, koppie, femur beentjie gemeet en dan op so "chart" aangewys waar daar 'n minimum en maximum van groei vlak is ek ek is in die middel van elk wat beteken ek groei in proporsie. Ek is nou 29 weke en 5 dae oud en volgens die scan is ek 29 weke en 6 dae oud wat 100% is want dit moet nie meer as 1 week uit wees nie se die Tannie.  Ek weeg nou 1.448kg en my hart klop 138 slae per minuut.

My ouma en oupa Burger se ek is 'n mooi baba en ouma se ek lyk soos mamma. Amanda en JJ se ek is qute! Tannie Charlene is baie beindruk dat ek so pragtig is en kon nie glo ek is so oulik nie!

Pappa en Mamma hou aan kyk na my foto en is nou nog meer opgewonde oor my geboorte dag!! Sover 23 September, dis oor 9 weke. Het nog 'n bietjie om te groei en te ontwikkel, so sien jul dan.... x x x